Barnsteen

Barnsteen
Barnsteen – ru-stene
Chemiese formule Molekuulformule:
C10H16O+(H2S)
Mineraalklas geen (word deur die IMA nie erken nie)
Kristalsisteem amorf
Kristalklas amorf
Kleur Heuninggeel, geelwit, oranje, rooi, groenerig, bruin, swart, selde bleek
Streepkleur wit
Mohs-hardheid 2 tot 2,5
Digtheid (g/cm³) 1,05 tot 1,096
Glans Vetterige glans, mat
Transparansie deursigtig, deurskynend, ondeursigtig
Breuk skelpvormig, bros
Splyting geen
Habitus onreëlmatige, ronderige korrels; stomp knolle; vloeiende vorme, korste; soms met gepreserveerde fossiele van insekte en plantdele
Kristalvlakke
Tweelingsvorming
Kristaloptiek
Brekingsindeks n = 1,540 (−0,001 tot +0,005)
Dubbelbreking
(optiese oriëntasie)
geen
Ander eienskappe
Chemiese gedrag reageer met suurstof, laag gekonsentreerde sure en basisse asook olies, bestand teen eter, asetoon en swaelsuur
Vergelykbare minerale geen
Radioaktiwiteit nie radioaktief
Magnetisme nie-magneties
Besondere kenmerke brandbaar, hoë elektriese weerstand (1018 Ohm), word deur wrywing elektrostaties gelaai

Barnsteen of amber is 'n deursigtige, deurskynende of ondeursigtige, meestal goudgeel tot geelbruin edelsteen wat uit die verharde, gefossileerde hars van prehistoriese naaldbome gevorm is.

Barnsteen het tussen 50 en 260 miljoen jare gelede uit die taai vloeiende hars van bome ontstaan waarvan die bas gewond en daarna met hars verseël is om dit teen skadelike mikro-organismes te beskerm. Die hars het geleidelik tot 'n vaste, amorfe (dit wil sê nie-kristalliene) materiaal ontwikkel. Alhoewel barnsteen geen mineraal of gesteente is nie (dit is van organiese oorsprong en brandbaar), word dit nogtans as edelsteen beskou waaruit reeds in die vroeë geskiedenis van die mensheid sierade of kunswerke vervaardig is. Sommige van die oudste voorwerpe uit barnsteen, wat in Egipte ontdek is, is meer as 6 000 jaar oud.

Die mees befaamde pronkstuk uit barnsteen was die sogenaamde Barnsteenkamer in die Katharina-paleis naby Sint Petersburg wat uit die goudgeel Baltiese barnsteen vervaardig is en waarna dikwels as die Agste Wonder van die Wêreld verwys word. Dit het gedurende die Tweede Wêreldoorlog spoorloos verdwyn, maar kon tussen 1979 en 2003 deur Russiese deskundiges met behulp van geskiedkundige foto's uit Baltiese barnsteen gerekonstrueer word.

Terwyl barnsteen vroeër ook vir geneeskundige doeleindes gebruik is, het dit veral vir paleontoloë wetenskaplike betekenis aangesien klein diere en plantstukkies dikwels in vloeibare boomhars vasgevang en gefossileer is. Hulle is oor 'n tydperk van miljoene jare in barnsteenklontjies gepreserveer.

Deskundiges klassifiseer die meer as 250 verskillende soorte barnsteen volgens hulle vindplek, ouderdom en veral volgens die plante wat dit geproduseer het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in